Sprokie Vir Jou
Glo jy nog in fairytales?
‘n Land vêr hier vandaan
‘n Droomkasteel met tien fonteine
‘n Land sonder ‘n traan
Onthou jy jy’t vir my gesê
Dat jy vir my sal wag?
Ek sien jou in my drome
Onthou jou lyf so sag
Kan ek jou hero wees en jou kom haal?
Kan ek jou styf vashou en nooit laat val?
Ek wil jou prins wees in ‘n sprokiesboek
Die olielamp vir jou gaan soek
My drie wense vir jou gee
Op ‘n towermat my liefde deel
In die aande lag terwyl jy slaap
Vir wakker lê na jou staar
Ek wil jou ridder wees
In die donker nag
Jy’s die een vir my
Prinses net ek en jy
Sweef jy nou al nader?
Baby sê vir my?
Ek sal vashou aan jou woorde
Tot ons die antwoord kry
Kan ek jou hero wees en jou kom haal?
Kan ek jou styf vashou en nooit laat val?
Ek wil jou prins wees in ‘n sprokiesboek
Die olielamp vir jou gaan soek
My drie wense vir jou gee
Op ‘n towermat my liefde deel
In die aande lag terwyl jy slaap
Vir wakker lê na jou staar
Ek wil jou ridder wees
In die donker nag
Jy’s die een vir my
Prinses net ek en jy
Ek wil jou prins wees in ‘n sprokiesboek
Die olielamp vir jou gaan soek
My drie wense vir jou gee
Op ‘n towermat my liefde deel
In die aande lag terwyl jy slaap
Vir wakker lê na jou staar
Ek wil jou ridder wees
In die donker nag
Jy’s die een vir my
Prinses net ek en jy
Net ek en jy
Net ek en jy