Mal

(Ek is lief vir jou)
(Vir meer as twee jaar het ek niemand anders niks anders gedink as jy, elke dag)

As ek jou ooit weer sien
Het daai man, kind en huis jou ooit verdien
As ek op my eie staan
En ek wens die wêreld wil vergaan

En sou jy langs my lê (Elke dag)
As ek nog net iets kon sê
Maar nou is ek alleen ek wens jy wil vergaan
Sal jy dit ooit kan verstaan

Dit maak my mal
Dit maak my mal
Dit maak my mal
Dit maak my mal

Ek weet dis nou te laat daar's niks wat ons kan doen nie
Maar daar's nie vuur in jou hart as jy hom soen nie
Praat ek nou buite my plek
Ek weet nie
Is wat ek sê reg

Want ek's mos mal
Ja ek's mos mal
Ja ek's mos mal
Ja ek's mos mal

(Ek wil maar net iets van hom maak, dis al ek het net probeer om hom te help)
(Maar dit was nie nodig nie, want hy is wat hy is hy was nog altyd goed genoeg vir my)

Wat lyk jy so vervreemd
Onthou jy die reuk in die lug en ek dog jy is die een
Was ek weg vir lank, ek weet nie
Dit voel vir my soos skande

En sou jy langs my lê (Elke dag)
As ek nog net iets kon sê (Elke dag)
Maar nou is ek alleen, ek wens jy wil vergaan (Gaan)
Sal jy dit ooit kan verstaan (Verstaan)

Dit maak my mal
Dit maak my mal

Ek weet dis nou te laat daar's niks wat ons kan doen nie
Maar daar's nie vuur in jou hart as jy hom soen nie
Praat ek nou buite my plek
Ek weet nie
Is wat ek sê reg

Want ek's mos mal
Ja ek's mos mal
Ja ek's mos mal
Ja ek's mos mal

Ek luister as jy praat
Al voel dit nou te laat, ek dog jy sê jy's myne maar lyk my nou jy's syne

(Ma ek wil nie met hom praat nie)

Luister as ek praat
Of is dit nou te laat, help dit nie wat ek sê nie as jy my nie wil hê nie

Want ek's mos mal, ek weet nie
Mal, ek weet nie
Mal, ek weet nie
Mal, want ek's mos mal

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Alter Ego

Autres artistes de Acid house