Kinders Van Die Wind
Ek ken 'n ou ou liedjie
Van lewenswel en wee
Van lank vergane skepe in
Die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog die deuntjie draal
Soos vaag bekende grepies uit
'n Baie ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind
Gesigte drome name
Is deur die wind verwaai
En waarheen al die woorde is
Sou net 'n kind kon raai
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Kinders van die wind
Die wind
(Sweef sweef, kind van die wind)
Kind van die wind (Sweef sweef, kind van die wind)
Sweef soos die wind
Sweef (Sweef)
Kind van die wind (Kind van die wind)
Sweef (Sweef)
Kind van die wind (Kind van die wind)
Ek ken 'n ou ou liedjie