Liedjie Oor Jou
Ek het lank gewag vir jou
Vir 'n vrou wat ek kan hou
En ewe skielik uit die blou stap jy verby en dalk gaan ons trou
Ek het lank gesoek na jou
Vir 'n man wat ek kan trou
En ewe skielik uit die blou stap jy verby en ek word jou vrou
Ek is nie goed met woorde nie laat ek eerder vir jou sing
Ek wil 'n liedjie oor jou skryf, die manier wat jou oë toe gaan as jy lag
'n Liedjie oor jou skryf, die manier wat jy loop soms oor jou voete val
Ek kan dit nie beskryf, die gevoel hier in my hart
Al wat ek kan sê is, ek wil 'n liedjie oor jou skryf
Ek het lank gewag vir jou
Vir 'n vrou wat ek kan trou
En ewe skielik uit die blou stap jy verby en nou gaan ons trou
Ek het lank gesoek na jou
Vir 'n man wat ek kan hou
En ewe skielik uit die blou stap jy verby en nou gaan ons trou
Ek is nie goed met woorde nie laat ek eerder vir jou sing
Ek wil 'n liedjie oor jou skryf, die manier wat jou oë toe gaan as jy lag
'n Liedjie oor jou skryf, die manier wat jy loop soms oor jou voete val
Ek kan dit nie beskryf, die gevoel hier in my hart
Al wat ek kan sê is ek wil 'n liedjie oor jou skryf
Ek wil 'n liedjie oor jou skryf, die manier wat jou oë toe gaan as jy lag
'n Liedjie oor jou skryf, die manier wat jy loop soms oor jou voete val
'n Liedjie oor jou skryf, die manier wat jou oë toe gaan as jy lag
'n Liedjie oor jou skryf, die manier wat jy loop soms oor jou voete val
Ek kan dit nie beskryf, die gevoel hier in my hart
Al wat ek kan sê