Kom Terug
Soveel beloftes word tog nooit bewaar
Soos die een tussen my en jou
En voor ons oë verdwyn alles nou
Wat bly oor net jou groet?
En in die aande dink ek net aan jou
Verlang ek na jou sagte stem
Want alle tye was ons by mekaar
Alles is verby ek verlang nou
Kom terug dat ek jou lief kan hê soos ek nog altyd wou
Ek wil jou in my liefde toevou, teen my styf vashou
Ek wil in jou oë in kyk, wil jou streel en soen en troos
Mis jou nou kom terug
Kom terug dat ek jou lief kan hê, soos ek nog altyd wou
Jy’s my droom jy is my lewe, ek sien om na jou
Daar is niks waarvoor ek lewe, niks waarvoor ek wil bestaan
Kom terug, kom terug
Sê my tog kan jy reëls verstaan?
Die lewe speel jou soos ‘n pop
En as die teerheid aan my hart kom klop
Brand die verlange soos vuur in my
Kom terug dat ek jou lief kan hê soos ek nog altyd wou
Ek wil jou in my liefde toevou, teen my styf vashou
Ek wil in jou oë in kyk, wil jou streel en soen en troos
Mis jou nou kom terug
Kom terug, kom terug
Jy’s my droom jy is my lewe, ek sien om na jou
Daar is niks waarvoor ek lewe, niks waarvoor ek wil bestaan
Kom terug, kom terug
Kom vat my hand nou dat ons weg kan vaar
Weg kan vaar, weg kan vaar