Ek Is Tuis

Anja Gerber

Dis oggend op n koue wintersdag ek hou jou styfvas want ek mag
Jy is myne al die seine het gese dis die einde van die nag
En ek dra nog jou ou trui hier by my is waar hy bly
Al die donker is vasgevang, diep in die kluis
Want ek is tuis
Op n boekrak waar jou herdenkings staan, lag ek en jy in n fotoraam
Die dag was donker die son was onder maar ons skyn soos n helder maan
Jou ouers noem my kind en as ons bid, sal jou hand altyd myne vind
Jyt n plekkie diep in my hart, ek kan jou wys
Want ek is tuis
En ons droom nog as die son skyn
Ons dans in die kombuis
Ek woon in hierdie baksteen huis, ek bly in my paleis
En ek is tuis
So more oggend as die koue weer kom wag
Hou my styfvas want jy mag
Ek is joune altyd joune niemand kan my van jou wegvat
En leen my weer jou trui
Hier by my is waar hy veilig bly
Weg van die donker al die gewonder
Verdwaal in die gedruis
Want ek is tuis

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Anja

Autres artistes de Dance music