Hanna
Ek weet nie eers waar ek is nie liefling
Die wyn het my gewen
Jy sê jy wil dans op die lewe liefling
Ek wil jou lyf verken
Jy gooi skadus rondom 'n vuur, vertel vir my wat die bome vir jou sê
Wat wil hul hê?
Wys vir my hoe jy oor my spoel, jy wys vir my die krag van 'n vrou wat wil
Jy is my pil
En Hanna, Hanna, Hanna nooi
Vertel jou planne, planne vir my mooi
Jy het my wêreld omkant gegooi
O hamba, hamba Hanna
Vertel my tog jou skandes soos die wyn oor ons lippe gly
Gaan ek jou kry
Ek voel jou lyf teen my koue hande
Dis jou hitte wat ek ken
Jy lei my deur jou kurwes Hanna
Wat kan 'n man dan sê?
Soos wierook val jy om my rond, jy lig my op en gooi my teen die grond
Nimmer gewond
Wys vir my hoe jy oor my spoel, jy wys vir my die krag van 'n vrou wat wil
Jy is my pil
O Hanna, Hanna, Hanna nooi
Vertel jou planne, planne vir my mooi
Jy het my wêreld omkant gegooi
O hamba, hamba Hanna
Vertel my tog jou skandes soos die wyn oor ons lippe gly
Gaan ek jou kry
Gaan ek jou kry
Hanna jy
O Hanna, Hanna, Hanna nooi
Vertel jou planne, planne vir my mooi
Jy het my wêreld onkant gegooi
O hamba, hamba Hanna
Vertel my tog jou skandes
Soos die wyn oor ons lippe gly
O Hanna, Hanna, Hanna nooi
Gee jou planne, planne vir my mooi
Jy het my wêreld omkant gegooi
O hamba, hamba Hanna
Vertel my tog jou skandes
Soos die wyn oor ons lippe gly
Gaan ek jou kry
Gaan ek jou kry
Hanna jy
Hamba, hamba Hanna
Hamba, hamba Hanna
Hamba, hamba Hanna