Ontwaak [Live]

ARNO CARSTENS

Die som van ons probleme stuur vir almal 'n boodskap van hoop
Ek dink my vriend is die Messiah
Eenvoudig volmaak

Verafsku deur die massas, alleen denkend en knaend onvanpas
Sou dit hy wees wat die wêreld eendag laat herontwaak
Wakker klap
Wakker klap

Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur, ontwakend self
'n Gemaskerde dier

Ek verstik in hierdie rook
O, dis onsin hierdie ondier
'n Gebou val 'n waterwal ontwakend self
Agter die masker (Agter die masker)
Ja, agter die masker (Agter die masker)
'n Gemaskerde dier

Soms skryf vir almal 'n getikte brief met 'n pen om ons te herinner
Aan die prag van eenvoud en ons doel om te verken
Verken
Ontwortel omhoog
En voorwaarts te sag
In hierdie oerwoud is jy die byl, in hierdie leeftyd is jy gesag
Varsklap
Varsklap

Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur, ontwakend self
'n Gemaskerde dier

Ek verstik in hierdie rook
O, dis onsin hierdie ondier
'n Gebou val 'n waterwal ontwakend self
Agter die masker (Agter die masker)
Ja, agter die masker (Agter die masker)
'n Gewapende dier

Hy sê ons moet glimlag en dans in die tronke van verdriet
En nooit opsy staan vir 'n beter lied
'n Atoombom van hartstog is net tydelik my vriend
En jou voorbeeld van blydskap is sterker as verdriet

Ontwaak in hierdie uur van nood
Laat die storie aan jou behoort
Waar daar rook is is daar 'n vuur, ontwakend self
'n Gemaskerde dier

Ek verstik in hierdie rook
O, dis onsin hierdie ondier
'n Gebou val 'n waterwal, ontwakend self
Agter die masker (Agter die masker)
Ja, agter die masker (Agter die masker)
'n Gewapende dier

Curiosités sur la chanson Ontwaak [Live] de Arno Carstens

Qui a composé la chanson “Ontwaak [Live]” de Arno Carstens?
La chanson “Ontwaak [Live]” de Arno Carstens a été composée par ARNO CARSTENS.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Arno Carstens

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)