Jy't Belowe

Ek kon nie glo jy’t my gesoen
Ek kon nie glo hoe goed dit voel
Jy’s die een vir my uiteindelik

Ek het geweet dat jy moet gaan
Dat ek alleen hier sou bly staan
Hierdie was ons laaste oomblik

Jy’t belowe jy wag vir my
Jy’t belowe jy dink aan my
Dat jy my briewe lees
Ek niks moet vrees
Dat alles reg sal wees

Jy’t belowe jy kom my haal
Jy’t belowe 'n duisend maal
Dat jy altyd dink aan my
Jy’s lief vir my
Net ek en jy het jy belowe
Jy’t belowe

Ek het jou woorde vasgehou
En elke keer jou soen onthou
Maar jy was vêr kon jou nie keer nie

Waar’s die fout wat het gebeur?
My hart bloei net vir jou ek sweer
Hier sit ek nou met al die hartseer

Jy’t belowe jy wag vir my
Jy’t belowe jy dink aan my
Dat jy my briewe lees
Ek niks moet vrees
Dat alles reg sal wees

Jy’t belowe jy kom my haal
Jy’t belowe 'n duisend maal
Dat jy altyd dink aan my
Jy’s lief vir my
Net ek en jy het jy belowe

Hoe kon jy my breek?
Hoe kon ek dit weet?
Hoe moet ek vergeet?

Jy’t belowe jy wag vir my
Jy’t belowe jy dink aan my
Dat jy my briewe lees
Ek niks moet vrees
Dat alles reg sal wees

Jy’t belowe jy wag vir my
Jy’t belowe jy dink aan my
Dat jy my briewe lees
Ek niks moet vrees
Dat alles reg sal wees

Jy’t belowe jy kom my haal
Jy’t belowe 'n duisend maal
Dat jy altyd dink aan my
Jy’s lief vir my
Net ek en jy het jy belowe

Chansons les plus populaires [artist_preposition] CHARLIZE BERG

Autres artistes de Afrikaans