Afrikaners, Landgenote

Afrikaners, landgenote, wees getrou aan volk en taal
Aan julselwe, aan elkander, van die Kaap tot in die Vaal
Van Oranje tot Sambesie, in Natal en in Transvaal
Afrikaners, landgenote, wees getrou aan volk en taal

Afrikaanse moeders, dogters, afrikaanse son en veld
Is beroemd deur heel die wêreld, staan in boek en lied vermeld
Hul besiel met hoop en liefde, hoër, edeler dan geld
Afrikaanse moeders, dogters, afrikaanse son en veld

Eenheid, vryheid, reg en liefde in ons dierbaar vaderland
Daarvoor stry ons, daarvoor ly ons almal same in ons land
Eenheid, vryheid, reg en liefde, daarvoor werk ons hand aan hand
Eenheid, vryheid, reg en liefde in ons dierbaar vaderland

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Chris Chameleon

Autres artistes de Pop rock