Afspraak

As almal oplaas verdaag en jy jou weer verlate voel en die deur dig toemaak
Die ligte een vir een afskakel en onderneem om more op te ruim
Sal jy my inneem?

Niemand hier sal jou verlaat nie
Niemand hier sal jou verlaat nie
Bly by my

Wanneer die klanke van die fees een vir een wegsypel in die skeure van jou stilwordende huis
Die groot, groot leegte dig gevul met niks tot oorlopens toe stil
Sal jy my inneem?

Niemand hier sal jou verlaat nie
Niemand hier sal jou verlaat nie
Niemand hier sal jou verlaat nie

Vergeet ook nie ons afspaark nie
Bly by my
Bly by my

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Chris Chameleon

Autres artistes de Pop rock