Apie

Daar's 'n apie wat nooit slaap nie wat heeldag en heelnag in my kop rondbons, bons, bons, bons, bons
En hy hou my dikwels wakker, hy's 'n nikswerd bakoor rakker as hy so bons, bons, bons, bons

En ek kan hom nie keer nie
Hy wil hom nie aan my steur nie, kan my apie nie beheer nie, o wee

Almal het 'n apie, dis daarom dat die plek lyk soos hy lyk
Almal het 'n apie en niemand kry sy apie om te wyk nie

Daar's 'n apie in 'n hokkie en daai hokkie is my koppie wat soms bons, bons, bons, bons, bons
En daai apie speel toktokkie, tokkel heeldag met sy klokkie as hy so bons, bons, bons, bons

En daai apie hou nooit op nie
Om my wêreld om te dop nie, kan daai apie net nooit stop nie, hier gaan ons weer

Almal het 'n apie, dis daarom daardie wêreld lyk soos hy lyk
Almal het 'n apie en niemand kry sy apie om te wyk nie

Daar's 'n ou man by wie ek altyd goeie raad kry, hy sê vir my as ek daai apie stil wil kry
Hoef ek nie verder te soek nie vir 'n apie muti nie want apie sal verdwyn
As ek tyd maak vir stiltetyd

Almal het 'n apie, dis daarom daardie wêreld lyk soos hy lyk
Almal het 'n apie en niemand kry sy apie om te wyk nie

Almal het n apie en niemand word nie gepla nie, niemand het nie 'n apie nie wat nie amok wil maak nie
Almal het 'n apie so moet my nie so aangaap nie, jy het ook 'n apie, kom bring gerus jou apie, ons hou 'n apie party

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Chris Chameleon

Autres artistes de Pop rock