Die Lied Van Die Gebreekte Riete
Lied van die gebreekte riete
Lied van die gebreekte riete
Die wind uit die Torwana berge
Het haar skoot vol mos
Sy dra 'n slapende kind
Sy siteer die sterre met die stem van breë waters teen die wit gebeente van die dag
Lied van die gebreekte riete
Lied van die gebreekte riete
Die wind uit die Torwana berge
Oewerloos sonder
Horison sonder seisoene
Het die gesig van alle mense het die aalwyn van die wêreld voor haar bors
En die lam van alle vreugde oor haar skouer
En die laksman van elke dagbreek in haar oë
Ja sy't die lam van alle vreugde oor haar skouer
En die laksman van elke dagbreek in haar oë
Lied van die gebreekte riete
Lied van die gebreekte riete
Die wind uit die Torwana berge
Met haar skoot vol mos
Dra 'n slapende kind
Dra 'n nag van distels dra 'n dood sonder duisterheid
Ja 'n dood sonder duisterheid
En die lam van alle vreugde oor haar skouer
En die laksman van elke dagbreek in haar oë
Ja sy't die lam van alle vreugde oor haar skouer
En die laksman van elke dagbreek in haar oë
En waai deur die gebreekte riete
Lied van die gebreekte riete
Lied van die gebreekte riete
Lied van die gebreekte riete
Die wind uit die Torwana berge
Het haar skoot vol mos