Eiland

Op hierdie rots van stof en beton
En aalwyn assegaai en die groot, groot son dobber ons op ons eie eilande rond

Met voete vas in die sand geanker
Ontkom ons nie die sleur van die branders nie al is ons te lande
In lief en leed
Se diep, diep see

Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see

Van lief en leed

En af en toe kom 'n skip verby
Belofte van verlossing uit die eensaamheid van ons gedeelde hoedanigheid

En as ons waag om aan boord te gaan
Vandaar ons saam verlaat op die maat van die groot oseaan
Verlang ons terug
Na ons heenkome

Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see
Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see
Van lief en leed

En soms as die storms om ons draai, waai die winde die klank van ons wense
Ons begeerte na mekaar, soos die hunkering van alle mense
Mag die see ons meesleur
In haar arms sal ons verkeer

Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see
Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see

Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see
Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see
Van lief en leed

(Jy op jou eiland, ek op my eiland, elk op n stukkie klip, klippie in die see)
(Jy op jou eiland, ek op my eiland)

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Chris Chameleon

Autres artistes de Pop rock