Daar's 'n Rede

Aan 'n kruis het Hy gehang
Siels alleen en God verlaat
En Hy was ons Koning en Heer

Ja ons smarte wou Hy dra
Sonder woorde, sonder vrae
Dat die sondaars mag lewe soos Hy

Daar's nou rede vir ons om te lewe
Nooit hoef ons sonder vrede te wees
Want ons Heer en Herder leef
En geen dood kan ons moed meer begeef

Kyk en sien dan o Heer
Op die sondedom neer
En verander my weer na U

Wat meer kan ons nou vra
As U liefde wat ons dra?
Volmaak soos die offer deur U betaal

Daar's nou rede vir ons om te lewe
Nooit hoef ons sonder vrede te wees
Want ons Heer en Herder leef
En geen dood kan ons moed meer begeef

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Danie Botha

Autres artistes de Gospel