'n Sonneblom Uit Bethlehem

Nog 'n somerson Kersfees
Want die Koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde
Sal die posduif vra

Sal hy gaan draai in die suide
By die berg en die see?
En daar waar my liefde kaalvoet loop
Die nota vir jou gee

Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Betlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Nog 'n somerson Kersfees
Want die Koningskind verjaar
Die Suiderkruis my kompas
En 'n eng'le koor ry saam

En my hart gesels langsaam
Oor die liefde en ek weet
Die herberg lê om die draai
Jy wag vir my by die see

Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Betlehem
Gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Ek bring vir jou 'n sonneblom uit Betlehem
Gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad
Uit die tuin van nommer 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Ek bring vir jou 'n sonneblom
Bring vir jou 'n sonneblom
Uit Hanover bring ek
In Bloemfontein

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Danie Niehaus

Autres artistes de Afrikaans