Alles Wat Ek Is
Spoel jou sagte stem hier oor my
Die vrede in jou woorde laat my hart vir jou baklei
In hierdie oorlog van harte waar net een kan wen lyk my kanse maar skraal
Dis net genade dat ek nog kan staan
Die pelgrimstog deur jou hart maak my lyf gedaan
En hierdie harde val het my gebreek ek wou net seker maak jy weet
Alles wat ek is
Alles wat ek was
Alles in my lê nou hier naby jou hier in stukke naby jou
Ek’s net ‘n man wat sy geheime hou
Ek’s doodeenvoudig so verlore sonder jou en
Ek's geen pateet solank jy weet ek voel belaglik sonder jou
Dwaal jou gedagtes ooit hier om my?
Die woorde van ‘n swaap kan net jou lyf verlei
Hoeveel meer sal ek moet gee om net jou hart en siel hier naby my te kry?
Alles wat ek is
Alles wat ek was
Alles in my lê nou hier naby jou hier in stukke naby jou
Alles wat ek is
Alles wat ek was
Alles in my lê nou hier naby jou hier in stukke naby jou
Alles wat ek is
Alles wat ek was
Alles in my lê nou hier naby jou hier in stukke naby jou
Ek lê hier hier in stukke naby jou
En ek lê hier hier in stukke naby jou