Hou My Hart by Jou
Ek gaan my hart nou weer moet oopmaak
Gaan die wêreld weer moet laat sin maak
Gaan probeer om te sien wat jy in my sien
Kan ek ooit iets doen wat sin maak?
Moet dit seer wees voor jy stil raak?
Waar is jy vandag was dit jy en net jy?
Dit gee my niks meer nie
Dit bring my nie deur nie
Dit hou my net ver van jou hart weg
So hou my vas
Hou my veilig
Hou my hart by jou
Hou my vas
Hou my veilig
Hou my hart by jou
Ek gaan my psige weer moet oopsny
Hoe dit sin maak voor jy seerkry
Jy weet dis jou geraas en jou spoke wat in my kop skree
Gaan ek alles nou weer moet oordoen?
Moet verduidelik wat jy aan my doen
Het dit seer gemaak toe jy my uit jou pad uit vee?
Dit gee my niks meer nie
Dit bring my nie deur nie
Dit hou my net ver van jou hart weg
So hou my vas
Hou my veilig
Hou my hart by jou
Hou my vas
Hou my veilig
Hou my hart by jou
Hou my hart by jou
En aan die einde van my lewe
Wil ek weet jy’t my vergewe
Vir elke oomblik wat ek mors en jou nog skuld
Dit gee my niks meer nie
Dit bring my nie deur nie
Dit hou my net ver van jou hart weg
So hou my vas
Hou my veilig
Hou my hart by jou
Hou my vas
Hou my veilig
Hou my hart by jou
Hou my hart by jou