Lighoofdig

Jy met die oop gesig, jy met jou hart in jou keel
Jy met jou dapperheid, jy wat die maan probeer steel
Wag in die skemerte more vergeet jy van vrees
Stap met jou kop op daar’s iemand wat nes jy wil wees

Niemand hier weet nie en niemand verstaan
Jy's nog altyd ‘n bietjie behep met die maan en gooi nog ‘n druppel
Die whisky verdwyn soos jou naam

En hou my net vas tot ek seker is oor hoe ek voel
Jou kop is soos myne en jy weet presies wat ek bedoel
Bly in die skaduwees ek hou jou net miskien dop
Hou jou hart in jou bors of ten minste ver weg van jou kop

Jy met jou eerlikheid jy met die anderste naam
Jy met jou hart wat verdag aan die buitekant staan
Lighoofdig jy dink met jou hart en jou kop tegelyk
Daar’s die wat soos jy wil wees sien die wat net vir jou kyk

Niemand hier glo nie en niemand verstaan
Jy't nog altyd gesê hier kom moeiliker dae
Bly net ‘n rukkie die dae gaan so vining verby

En hou my net vas tot ek seker is oor hoe ek voel
Jou kop is soos myne en jy weet presies wat ek bedoel
En bly in die skaduwees ek hou jou net miskien dop
Hou jou hart in jou bors of ten minste ver weg van jou kop
Hou jou hart in jou bors of ten minste ver weg van jou kop

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Dewald Wasserfall

Autres artistes de Pop rock