Onthou Jy ?
Onthou jy toe ons jonk was?
En onskuld nog ons tronk was ek en jy
Onthou jy toe dit seer was?
En swaarkry maar soveel meer was ons was vry
En jy was so verlief op my
En ek het lank vir jou gewag maar jy wou net niks weet nie
En deesdae kan ons daaroor lag maar ek het jou nog nooit vergeet nie
Onthou jy?
Onthou jy hoe dit was?
Onthou jy?
Toe dit net ek en jy was, onthou jy?
Jou lewe vlieg verby
Is dit klaar te laat om met jou te praat om jou terug te kry, onthou jy nog vir my?
Onthou jy nog die eenvoud?
Van gelukkig wees in meervoud ek en jy
Onthou jy nog hoe was dit?
En dink jy terug en mis dit dis verby
Het jy ooit verlang na my?
En ek steur my lank nie meer aan jou negatiwiteit nie
Maar ek kon nog nooit vergeet van die geheime van jou lyf nie
Onthou jy?
Onthou jy hoe dit was?
Onthou jy?
Toe dit net ek en jy was, onthou jy?
Jou lewe vlieg verby
Is dit klaar te laat om met jou te praat om jou terug te kry, onthou jy nog vir my?
En ek steur my lank nie meer aan jou negatiwiteit nie
Maar ek kon nog nooit vergeet van die geheime van jou lyf nie
Onthou jy?
Onthou jy hoe dit was?
Onthou jy?
Toe dit net ek en jy was, onthou jy?
Jou lewe vlieg verby
Is dit klaar te laat om met jou te praat om jou terug te kry, onthou jy nog vir my?
Want dis klaar te laat om met jou te praat om jou terug te kry, onthou jy nog vir my?