Blommetjie Gedenk Aan My

'n Skraal wind waai oor Nghoeniebosse op die pad buite Uniondale
Elke Paas naweek staan die spookmeisie daar as die herfswind al hoeka huil
Met haar lang swart hare onder sekelmaan tuur sy oor die vlaktes haai
En haar klere blink spookagtig saam met haar duim vra om haar op te laai

En die Kammanassie bergspook huil as sy klippe die berg af rol
En die spookmeisie van Uniondale wat duimry en droewig sing

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo

Die reisigers verby Uniondale het haar dikwels opgelaai
En verder aan so uit die niet
Verdwyn sy in die wind wat waai
So as jy saans in die langpad dwaal oor die Paas se middernag
Pasop vir die spook van die Klein Karoo
Tensy jy gaan spoke jag

En die Kammanassie bergspook huil as sy klippe die berg af rol
En die spookmeisie van Uniondale wat duimry
En droewig sing

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Dubble Trubble

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)