Maak Jou Myne
Iewers in die kamers van my donker hart
Voel ek nog jou hartklop in my lyf
Skielik voel ek iets wat ek al lank wou sê
Somtyds voel ek jou nog hier by my
En wanneer ek weer voel asof ek in jou wegraak
Weet ek dat jy bly die een vir my
En ek vat jou en dra jou en maak jou myne
My drome van jou wil ek tel en altyd by my hou

Want ek weet dat ek jou wil hê as ek vir jou sê (As ek vir jou sê)
Ek vat jou
Skielik draai dit alles in my donker hart
Gevoelens wat ek net met jou wil deel
Net iewers in my drome word ek stil vanaand
Want wanneer ek by jou is voel ek heel
En alles wat ek sê, my woorde brand net vir jou
Ek wens dat jy my mis soos ek vir jou
En ek vat jou en dra jou en maak jou myne
My drome van jou wil ek tel en altyd by my hou
En ek vat jou en dra jou en maak jou myne
Want ek weet dat ek jou wil hê as ek vir jou sê (As ek vir jou sê)
Ek vat jou
Kom ek vat jou saam met my
Daar na waar ons drome bly
Want nou is dit net ek en jy
En saam sal ons vir altyd bly