Maak Nie Saak Nie
So ver soos die son van die maan en die sterre is
Soos die stad se geraas van die berge is
Dis hoe ver
Hoe ver jy van my is
Meer as die asem wat my aan die lewe hou
As die wolke wat saam aan ‘n storm bou
Soveel meer
Is hoe ek jou nou mis
Maak nie saak hoe hoog die berge is nie
Maak nie saak hoe ver jy van my is nie
Dit maak nie saak hoe diep die waters is nie
Ek sal klim, ek sal vasklou, ek sal loop sonder ophou
Ek sal swem deur storm waters tot by jou
So lank soos die aarde wat draai tot in ewigheid
Tot die see en die sand van mekaar sal wyk
Dis hoe lank
Ek by jou sal bly
En weet tot die einde van tyd aan ons deure klop
En die laaste seisoen tot sy einde kom
Sal jy weet
Dat jy was nooit alleen
Maak nie saak hoe hoog die berge is nie
Maak nie saak hoe ver jy van my is nie
Dit maak nie saak hoe diep die waters is nie
Ek sal klim, ek sal vasklou, ek sal loop sonder ophou
Ek sal swem deur storm waters tot by jou
Ek sal jou my alles gee, my hart, my siel, my elke tree
En oral waar jy gaan weet net my hart is altyd daar
Maak nie saak hoe hoog die berge is nie
Maak nie saak hoe ver jy van my is nie
Dit maak nie saak hoe diep die waters is nie
Ek sal klim, ek sal vasklou, ek sal loop sonder ophou
Ek sal swem deur storm waters