Die Kamer

My hart is nie 'n klip nie
Dis 'n ding met vere
In die aand as ek gaan slaap
Dan kry ek hom by jou

My hart is nie 'n klip nie
Hy verloor homself daar buite
Hy's al soveel keer gebreek
Ek wonder of jy weet?

Daar's 'n kamer in elke hart
En ek dink dit is 'n kerk
Laat die klokke lui tot jy my weer kry
In die kamer van my hart kan jy kom bly
In die kamer van my hart kan jy kom bly

Sien jy my daar buite?
Ek het niks wat ek kan bring nie
Maar in al daai harde kere
Sien ek jou handtekening hier

Jy vat my soos die see
Laat die golwe oor my breek
Ek is jammer dis nie genoeg nie
Maar dis al wat ek kan bring

Daar's 'n kamer in elke hart
En ek dink dit is 'n kerk
Laat die klokke lui tot jy my weer kry
In die kamer van my hart kan jy kom bly
In die kamer van my hart kan jy kom bly

My hart is nie 'n klip nie
Dis 'n ding met vere
In die aand as ek gaan slaap
Kry ek hom by jou

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Elvis Blue

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)