Fluister In Die Wind

Ek was al op 'n plek waar die son nie wou skyn
Daar wil ek my rug op almal draai
Die lig wat ek wou hê het in die skaduwee verdwyn
Maar jy was 'n fluister in die wind

In 'n kamer vol mense was ek stoksiel alleen
My tyd en my geld was net te min
En als wat ek gehad het was in elkgeval geleen
Maar jy was die fluister in die wind
Jy was die fluister in die wind

Nou voel ek hoe jy waai deur die vrae wat binne draai
En niks sal my ooit weer van jou liefde kan weg skeer
Omring my in die storms wat diep in my kom vorm
Kom fluister nog 'n keer, kom fluister nog 'n keer

Hierdie strate waar ek loop laat my wonder
Waar gaan al die strate regtig heen?
Dan hoor ek hoe jy vra hoekom stap jy so alleen?
Ja jy was die fluister in die wind
Jy was die fluister in die wind

Nou voel ek hoe jy waai deur die vrae wat binne draai
En niks sal my ooit weer van jou liefde kan wegskeer
Omring my in die storms wat diep in my kom vorm
Kom fluister nog' n keer, kom fluister nog 'n keer

Nou voel ek hoe jy waai deur die vrae wat binne draai
En niks sal my ooit weer van jou liefde kan wegskeer
Omring my in die storms wat diep in my kom vorm
Kom fluister nog 'n keer, kom fluister nog 'n keer

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Elvis Blue

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)