Die Brug Op Ons Plaas

Ek dink weer vanaand aan die brug op ons plaas, gebou oor 'n heldere stroom
Want daar het my Lenie en ek vaak, helaas van liefde in die maanskyn gedroom

Dis daar wat ek haar het gevra en sy my gesê het dat ek haar maar kan kry
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluide, jJa, ek hoor nog die voëltjies fluit
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug

Ons vriendskap van ouds is nog in my gemoed, so fris as in jare voorheen
Nog diep in my hart klink jou stem, sag en soet en fluister my in, hou maar moed

Ek dink aan jou snags as die sterretjies blink, die lied van die nagtegaal klink
Want dan gaan my hart met genot nog eens terug na die plek op ons plaas by die brug

Ek hoor nog die stroom se geluid, ja, ek hoor nog die voëltjies sing
En skoon ver verwyder, my hart gaan terug na die plek op ons plaas by die brug

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Ge Korsten

Autres artistes de Opera