Jy Is Die Eerste Liefde In My Lewe

Met jou wil ek lewe vir altyd en ewig
My skat ek het jou lief, innig lief

Gister het ek nog alleen gevoel en het ek eensaam rond gedwaal
Eensaam tussen al die mense orals op die strate rondom my
Maar dit het so gou verander toe jy na my kyk, vir my waai
En van daardie oomblik af het ek geweet jy is bedoel vir my

Ja jy is die eerste liefde in my lewe, nou is ons bymekaar
Nou het die liefde, nou het die lewe vir ons begin
Want jy is die eerste liefde in my lewe, nou is dit alles waar
Jy is die een wat vir my geluk en liefde bring

Ek en jy is bymekaar, nou is al ons drome waar
Want jy is die een wat my geluk en ware liefde bring

Ek sal nooit weer so eensaam voel want jy is altyd hier by my
Nou kan ek en jy in alles deel en ek weet dit sal steeds so bly
Ja my lewe het verander toe jy na my kyk, vir my waai
En van daardie oomblik af het ek geweet jy is bedoel vir my

Ja jy is die eerste liefde in my lewe, nou is ons bymekaar
Nou het die liefde, nou het die lewe vir ons begin
Want jy is die eerste liefde in my lewe, nou is ons bymekaar
Jy is die een wie vir my geluk en liefde bring

Ek en jy is bymekaar, nou is al ons drome waar
Want jy is die een wat my geluk en ware liefde bring

Ek en jy is bymekaar, nou is al ons drome waar
Want jy is die een wat my geluk en ware liefde bring
Ek en jy is bymekaar, nou is al ons drome waar
Want jy is die een wat my geluk en ware liefde bring

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Ge Korsten

Autres artistes de Opera