Ou Karooland

Ek hou van jou, vaal ou Karooland, van Kaap tot Oranje se wal
Ek sing van jou boomryke Boland, van Vrystaat, Transvaal en Natal
Maar liewer van jou, ou Karooland, want jou min ek ver boweal
Maar liewer van jou, ou Karooland, want jou min ek ver boweal

Ek hou van jou brandende sonlig, van blomme gedrenk met jou dou
Ek smag na jou wolklose lugruim, die hemel se suiwerste blou
Ek hou van Natal en die Vrystaat, maar nooit nie soveel as van jou
Ek hou van Natal en die Vrystaat, maar nooit nie soveel as van jou

Ek hou van jou, vaal ou Karooland, as hoog teen die rooikant daarbo
Die alwyn staan eensame brandwag met ganna, harpuis en kambro
Ek hou van Transvaal en die Boland, maar meeste van my ou Karoo
Ek hou van Transvaal en die Boland, maar meeste van my ou Karoo

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Ge Korsten

Autres artistes de Opera