Vanaand By Ons Frikkie
O vanaand is die aand by Oom Frikkie
Daar's 'n dans wat ons nie kan laat staan nie
Kom nou Boet, kom nou Sus, kom nou nader
Want vanaand gaan ons almal weer vergader
Afskud, ja laat ons gaan na Oom Frikkie
Want vanaand sien ek weer daardie niggie
Ons sal draai, ons sal swaai met die noointjies
Ons draai wyd want dan trap ons nie hul toontjies
Ruk en rol, die plek is vol by Oom Frikkie
O my ma, o my pa, kyk vir Dirkie
Hy ruk en skud die ritteltit op die dansvloer
Almal kyk na die uitgelate jong boer
Die laaste draai en ons moet waai, die hoenders kraai al
Huis toe gaan, afskeid neem nou van almal
Totsiens Piet en totsiens Jan en totsiens niggie
Vanaand was die aand by Oom Frikkie
Ja vanaand was die aand by Oom Frikkie