Ek en Jy

Ons dorpe van mekaar af, wêrelde verwyder
Klim maar op die foon as ek met jou wou kuier
Wat maak die kat nog en hoe gaan dit met ons baby?
Is die buurman aan die bokant nog so effens crazy?

Ek verlang na jou
Ek verlang na jou

Bid my daar verby en lê wakker deur die nag
Kan nie meer onthou wanneer laas het ek gelag
Verstaan jy nog die redes of word dit vir jou donker?
Ek het lankal ophou worry want dit maak my kop nog dronker

Ek's sad sonder jou (Ek's sad sonder jou)
So sad sonder jou

Jy en ek, ek en jy
Is soos pie en gravy, coke en brandewyn
Jy en ek, ek en jy
Is onafskeidbaar vir my
Ek en jy, ek en jy

Die wêreld hier van my af lyk anders as gewoonlik
Wat ons gedink het werk nie is ewe skielik moontlik
Dis nou nie meer so lank nie dan lê jy in my arms
Sonder die remoer van toeters en alarms

Ek’s lief vir jou
So lief vir jou

Want jy en ek, ek en jy
Is soos pie en gravy, coke en brandewyn
Jy en ek, ek en jy
Is onafskeidbaar vir my
Ek en jy

Jy en ek, ek en jy
Is soos pie en gravy, coke en brandewyn
Jy en ek, ek en jy
Is onafskeidbaar vir my

Ek en jy (Ek en jy)
Ek en jy (Ek en jy)
Ek en jy (Ek en jy)
Ek en jy

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Hugo

Autres artistes de Sertanejo