Trane Van Verandering

Ek haal my hoed af en ek drink my whisky sommer skoon
En ek steek my hand uit om jou te groet maar al wat ek kry is jou glimlag
Ek vra nie veel nie want jy bly nou in die Kaap en daar is iets wat ek wou sê
Maar ek’s lankal nie meer joune nie
Dis die laaste draai, dis die hart wat waai, dis die storm see wat op jou kom neerlê

Ek haal my hoed af, al kry ek rede om te kla sal ek altyd omdraai om jou te groet
En oor jou praat as jy verdwyn het
Gee my die redes hoekom jy jouself veraai as elke engel jou bewaar?
Ek sal altyd met jou woorde deel
Dis die laaste draai, dis die wind wat waai, dis die storm see wat op jou kom neerlê

Los my alleen, ek weet dit maak jou kwaad
Dis die trane van verandering

Los my alleen, ek weet dit maak jou kwaad
Dis die trane van verandering
Los my alleen, ek weet dit maak jou kwaad
Dis die trane van jou

Ek haal my hoed af en ek drink my whisky sommer skoon
En ek steek my hand uit om jou te groet maar al wat ek kry is jou glimlag
Ek vra nie veel nie want jy bly nou in die Kaap en daar is iets wat ek wou sê
Maar ek’s lankal nie meer joune nie

So los my alleen, ek weet dit maak jou kwaad
Dis die trane van verandering
Los my alleen, ek weet dit maak jou kwaad
Dis die trane van verandering

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Hugo

Autres artistes de Sertanejo