Vingerafdruk

In die donkerte ingekyk
Nou staar die donkerte terug na my
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots versling, nou net 'n vingerafdruk

Yo, so ver beweeg, maar voel of ek net begin
Los stukkies van myself op elke stage wat ek spring
My bloed loop deur elke song wat ek sing maar voel of eensaamheid al is wat fame my bring

Die vryheid wat musiek vir my gegee het op die pad
Het die jare stadig maar seker weg van my gevat
Soek soms skyn, maar voel soms ek soek verniet
En in die donker nag wil selfs die sterre op my skiet

My wêreld wankel mos al lankal in 'n wanbalans
Die stryd vir Afrikaans is al lankal vankant gemaak
Dis die skuldgevoelens wat jou elke aand besoek
En die waardes van jou vader wat jou vordering verhoed

Ek's verlore in wat almal se wat ek moet wees
Dat die vrees om in te pas my in stukkies volbreek
Maar as jy eendag langs my doodsbed na my roep
Onthou ek was eintlik net na happiness op soek

In die donkerte ingekyk
Nou staar die donkerte terug na my (Na my)
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots versling, nou net 'n vingerafdruk

Gee my krag, gee my tyd, gee my lesse om te leer
Laat my lag, laat my huil voor jou woorde my verskeur
Sit die wind in my are, die son op my gesig
Vul my are met vuur en sit die fight in my terug

Waar ek skuil in die skadu en jou try vermy
Hierdie krake my stadig maar seker voorberei
My hande in stukkies vir Afrikaans baklei
Die grondpad na paradys voel veels te lank vir my

Ons is almal hier tesame, vergader in sy naam
Weerloos en verlate, so gemaak en so laat staan
Die rede vir ons wese te swaar om te verstaan
Kom sit kruisbeen op die mat laat ons plannetjies beraam

Sê hallelujah ek sal nooit ooit stilbly nie, hallelujah, jou mentaliteit is nie vir my nie
Aan die einde van die gang skyn daar nog 'n lig en as jy my nodig het kom ek altyd vinnig terug

In die donkerte ingekyk (Gekyk)
Nou staar die donkerte terug na my (Na my)
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots versling, nou net 'n vingerafdruk

In die donkerte ingekyk (Gekyk)
Nou staar die donkerte terug na my (Na my)
Aan fame try vat, nou vat die fame aan my
My trots versling, nou net 'n vingerafdruk

Curiosités sur la chanson Vingerafdruk de Jack Parow

Quand la chanson “Vingerafdruk” a-t-elle été lancée par Jack Parow?
La chanson Vingerafdruk a été lancée en 2017, sur l’album “Afrika 4 Beginners”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jack Parow

Autres artistes de