Tot Die Dood Ons Skei

Jy wonder of my hart die woorde bedoel
Dat ek jou lief het is dit net ‘n gevoel?
Sal ons geluk kan vind net ek en jy?
Die wêreld ingaan in die vreemde gaan bly

Ja ek sal saam gaan maar net saam met jou
Elke liewe oomblik van ons liefde onthou
Ek skryf die storie van ons lewe saam
Ek vat jou hand waarheen ons ook al gaan

Tot die Hemel val en Hy jou kom haal
Tot die maan en die sterre en als vergaan
Sal ek by jou bly tot die dood ons skei

Tot die aarde kwyn en die son ophou skyn
Tot die see en die berge en als verdwyn
Sal ek by jou bly tot die dood ons skei

Ek het jou my alles my alles beloof
My hart my liggaam en my geloof
Ek sal jou liefhê waarheen jy ook al gaan
Na vreemde lande waar ons niks kan verstaan nie

As jy nog wonder of ek joune is
Ek maak die koffie as jy hartseer is
Ek sien my kinders in die huis van jou oë
Dis wat maak dat ek in liefde kan glo

Tot die Hemel val en Hy jou kom haal
Tot die maan en die sterre en als vergaan
Sal ek by jou bly tot die dood ons skei

Tot die aarde kwyn en die son ophou skyn
Tot die see en die berge en als verdwyn
Sal ek by jou bly tot die dood ons skei

Tot die Hemel val en Hy jou kom haal
Tot die maan en die sterre en als vergaan
Sal ek by jou bly tot die dood ons skei

Tot die aarde kwyn en die son ophou skyn
Tot die see en die berge en als verdwyn
Sal ek by jou bly tot die dood ons skei

Sal ek by jou bly
Tot die dood ons skei

Curiosités sur la chanson Tot Die Dood Ons Skei de Jak de Priester

Quand la chanson “Tot Die Dood Ons Skei” a-t-elle été lancée par Jak de Priester?
La chanson Tot Die Dood Ons Skei a été lancée en 2015, sur l’album “Ek Reis na Gister”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jak de Priester

Autres artistes de Afrikaans