Die Weduwee Se Kruik
Ons almal is maar bang dat die liefde dalk sal opraak
Dus probeer ons dit tot sterwens toe bewaar
En dan bere jy dit veilig in jou hart se diepste kluis
En hou jou naaste op 'n afstand met jou vuis
Maar dis die goeters wat jy weg gee wat jou ryk maak
En dis daarmee wat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie gaan gebruik nie
Of 'n blom se geur as niemand daaraan ruik nie
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik
Dis eintlik so eenvoudig en tog almal murmereer
Want die liefde het 'n les wat baie min van ons kan leer
Jy kan nie liefde optel soos in boekhou balanseer nie
Want die liefdes wins se som bly omgekeer
Maar dis die goeters wat jy weg gee wat jou ryk maak
En dis daarmee wat jy mense om jou raak
Want wat beteken liefde as jy dit nie gaan gebruik nie?
Of 'n blom se geur as niemand daaraan ruik nie
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Wat vol bly selfs al sou sy dit gebruik
En ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
En die liefde is die olie in sy buik
En die liefde is die olie in sy buik