Is Ek Nie Die Een

Is ek nie die een wat jou hart
Kan laat smelt
As ek aan jou vat?
Is ek nie die een wat jy weet, jy wil hê?

Dans met my
Tot die ritme ons kom kry
En ek jou nie van my lyf afkry
Al is ek nie die een vir jou nie

Dit lyk vir my
Asof jy die boodskap kry
As jy my met jou oë verlei
Is ek nie dalk die een vir jou nie?

Ek vertrou nie meer my hartklop nie
Maar ek kan jou nie alleen los nie

Is ek nie die een wat jou hart
Kan laat smelt
As ek aan jou vat?
Is ek nie die een wat jy voel
Is bedoel, om aan jou te raak?
Is ek nie die een wat jy wens
Om weer iets in jou wakker maak
Is ek nie die een wat jy weet, jy wil hê?

Wys vir my
Of ek ooit jou hart sal kry
Of is dit na vanaand verby?
En ek is nie een vir jou nie

Maar sê vir my
Voor die oggend ons kom kry
Is daar 'n bietjie hoop vir my?
Of is ek nie een vir jou nie?

Ek vertrou nie meer my hartklop nie
Maar ek kan jou nie alleen los nie

Is ek nie die een wat jou hart
Kan laat smelt
As ek aan jou vat?
Is ek nie die een wat jy voel
Is bedoel
Om aan jou te raak?
Is ek nie die een wat jy wens
Kon weer iets in jou wakker maak
Is ek nie die een wat jy weet, jy wil hê?

Ek wil jou nie net vanaand vashou
Ek soek meer as net 'n aand met jou
Maar vanaand is jy
Jy die een wat ek by my wil hou

Is ek nie die een wat jou hart
Kan laat smelt
(As ek aan jou vat?)
Is ek nie die een wat jy voel
Is bedoel (Om aan jou te raak?)
Is ek nie die een wat jy wens
Om weer iets in jou wakker maak
Is ek nie die een wat jy weet, jy wil hê? (Weet, jy wil hê?)

Is ek nie die een wat jy weet, jy wil hê?

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jay

Autres artistes de Pop rock