Jy't Gese

Jy't gesê jou liefde is net vir my bedoel
En daar is niemand anders oor wie jy so kon voel
Ek hang nog aan jou lippe soos jy dit vir my sê
Hoe jy my nog deur alles, deur alles sou lief hê

Ek hoor nogsteeds jou woorde maar ek probeer verstaan
Wat beteken jou beloftes as jy my dan laat gaan?
Maar liefde bly 'n keuse wat jy alleen kan maak
Of is dit net jou vrese?

Want jy't gesê jy is myne
Jy't gesê jy bly by my
Nou's ek alleen, waar is jy?
Want in my hart bly jy nog net die een wat ek wil hê

Wie het jou so seer gemaak, wat het jou gebreek?
Dat jy so ver moet hardloop net om te vergeet?
Soms as jy alleen is hunker jy na my
Maar dit wat ons gehad het is moeilik om te kry

Ek weet daar's iemand anders wat nou jou soene kry
En as jy in sy arms is, dink jy nog aan my?
Ek weet dit sal vir ewig 'n hartseer einde wees
Want jy wil nie vertrou nie

Want jy't gesê jy is myne
Jy't gesê jy bly by my
Nou's ek alleen, waar is jy?
Want in my hart bly jy nog net die een wat ek wil hê

Sal jy nou voor my staan en my weer terug wil hê?
Wetend dat al jou vrese reeds begrawe lê

Jy't gesê jy is myne
Jy't gesê jy bly by my
Nou's ek alleen, waar is jy?
Want in my hart bly jy nog net die een wat ek wil hê

Jy't gesê jy is myne (Is myne)
Jy't gesê jy bly by my (Bly by my)
Nou's ek alleen, waar is jy? (Waar is jy?)
Want in my hart bly jy nog net die een wat ek wil hê
Is jy nog net die een wat ek wil hê

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jay

Autres artistes de Pop rock