Ons Trek London Toe

Daar is ‘n eiland
‘n Koue eiland
Waar geen Afrikaner wil bly
En op daai eiland
Daai khaki eiland
Moet geen Engelsman vir my kyk

Dis net die Bokke
Die goue Bokke
Wat my op daai eiland sal kry
Want hulle kos is so vaal soos die mense
Ek verkies springbokpootjies en pense
Ek trek moeilik oor my land se grense
Maar oh hier gaan ons

Ons trek London toe met ‘n mus en 'n kombers
Ons trek London toe om die khakis te vererg
Ons trek London toe om die beker groen te verf
Want Bokke ons staan agter jou
Ons trek London toe

Daar is ‘n storie
‘n Ware storie
Van ‘n boer wat in London wou bly
Maar na daai winter
Daai eerste winter
Kon jy nie ‘n woord uit hom kry

En twee jaar later
Deur al die trane
Was hy by depressie verby
Want hy verlang na sy land en sy mense
Al eet hy net pootjies en pense
Net vir die Bokke trap hy oor die grense
So oh hier gaan ons

Ons trek London toe met ‘n mus en 'n kombers
Ons trek London toe om die khakis te vererg
Ons trek London toe om die beker groen te verf
Want Bokke ons staan agter jou
Ons trek London toe

Ons trek London toe met ‘n mus en 'n kombers
Ons trek London toe om die khakis te vererg
Ons trek London toe om die beker groen te verf
Want Bokke ons staan agter jou
Ons trek London toe

Ons trek London toe met ‘n mus en 'n kombers
Ons trek London toe om die khakis te vererg
Ons trek London toe om die beker groen te verf
Want Bokke ons staan agter jou
Ons trek London toe

Want Bokke ons staan agter jou
Ons trek London toe

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Jay

Autres artistes de Pop rock