Vir nou
Jy's die een vir wie ek voel maar jy is nie vir my bedoel
Saam wag ons vir beter dinge oor die paaie vir ons kom
Kom ons sing 'n liedjie saam, 'n liedjie wat oor ons twee gaan
Ons kersie is nog aan die brand, ons wag vir die donker
Tussen my en jou
Is daar plek vir soveel ander dinge, plek vir iemand anders, maar vir nou
Is dit ek en jy, ek en jy, ek en jy
Ek's die een vir wie jy voel maar ek is nie vir jou bedoel
Saam staan ons en staar na paaie, water het dit weg gespoel
Wag ons maar in stilte saam, wag ons nou so hand aan hand
Die kersie het al uitgebrand, ons wag in die donker
Tussen my en jou
Is daar plek vir soveel ander dinge, plek vir iemand anders, maar vir nou
Is dit ek en jy, ek en jy, ek en jy, ons sinne maak woorde maar jou woorde maak nie sin nie
Ons frases maak stories maar die stories begin nie
Sonder stories maak niks sin nie
Tussen my en jou
Is daar plek vir soveel ander dinge, plek vir iemand anders, maar vir nou
Is dit ek en jy, ek en jy, ek en jy
Is dit ek en jy, ek en jy, ek en jy