Fontein Op Die Maan
Agter toe gordyne
Hou ek my oë styf toe terwyl ek hard op roep
En as ek staan in die ruimte
Sien ek anders hier meer as 'n kamer muur
Kry jou by die fontein op die maan
Waar ons kan praat oor ons kinderdae
Hier hardloop ons kaalvoete rond sonder egos of gewepte rokke aan
Kom sit styf hier langs my ek wil jou wys hoe
Ons altyd hier kan bly
Ek weet jy verlang terug huis toe as ons twee vergeet wat ons eintlik altyd weet
Ek hou nog toe my ruite
Vir die reën wat kom ek sien dit anders om
Trek nou oop die gordyne
En sien patrone raak wat die reën kom maak
Kry jou by die fontein op die maan
Waar ons kan praat oor ons kinderdae
Hier hardloop ons kaalvoete rond sonder egos of gewepte rokke aan
Kom sit stuif hier langs my ek wil jou wys hoe
Ons altyd hier kan bly
Ek weet jy verlang terug huis toe as ons twee vergeet wat ons eintlik altyd weet
Kom sit styf hier langs my ek wil jou wys hoe
Ons altyd hier kan bly
Ek weet jy verlang terug huis toe as ons twee vergeet wat ons eintlik altyd weet
Ja wat ons eintlik altyd weet
Ja wat ons eintlik altyd weet