Storie

Dis laat in die aand
Stoksiel alleen
Sukkel om te slaap
Voel of die tyd stil staan
Wanneer het als so deurmekaar geraak?

Is dit nou te laat?
Kop in my kussing
En ek sukkel om sin te maak
Het jy dit klaar laat gaan
Gebreekte stukke pas nooit weer goed in mekaar

Miskien is jy net nog een
Storie waar my hart breek
Net nog 'n probleem
Ek weet nie meer nie
Die tyd sal leer

En miskien is jy net nog een
Storie waar my hart breek
Hoe lank gaan dit neem
Om van jou te vergeet

Dis 'n storie waar my hart breek

Gedagtes raas
Stadig maar seker
Vermoor ek al my balans
En dit slaan my nou
So bietjie laat
Ek wonder saam met wie is jy uit vanaand

En ek wou net weg raak
Jy't aan beweeg
Nou's als deurmekaar
Kan ons dit uit praat
Want die wêreld draai en dis net ek wat stil staan

Miskien is jy net nog een
Storie waar my hart breek
Net nog 'n probleem
Ek weet nie meer
Die tyd sal leer

En miskien is jy net nog een
Storie waar my hart breek
Hoe lank gaan dit neem
Om van jou te vergeet

Dis die storie waar my hart breek

Dit is laat in die aand
Stoksiel alleen
Sukkel om te slaap
Voel of die tyd stil staan

Miskien is jy net nog een
Storie waar my hart breek
Net nog 'n probleem
Ek weet nie meer
Die tyd sal leer

En miskien is jy net nog een
Storie waar my hart breek
Hoe lank gaan dit neem
Om van jou te vergeet

Dis die storie waar my hart breek
Dis die storie waar my hart breek

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Loki Rothman

Autres artistes de Pop rock