Mamma Pappa

NEL SONIA ALETTA

Mamma, pappa
Elke aand voor ek gaan slaap dink ek aan julle twee
Ek wil nog vandag, vir jou 'n luitjie gee

Mamma, pappa
Ek wou sê hoe lief ek vir jul is en hoe ek julle mis
Maar voor ek my kon kry, was die dag verby

So nou voor ek my oë toemaak
Vra ek dat God oor jul sal waak
En ek nog 'n kans sal hê
Om dit vir jul te sê

Mamma, pappa
Nou dat ek my eie kinders het en daarop let
Besef ek eers hoe lief julle twee ons het

Mamma, pappa
Jul het als vir ons gegee en soveel tyd aan ons bestee
Waar ek nou hier lê, wil ek weereens dankie sê

So nou voor ek my oë toemaak
Vra ek dat God oor jul sal waak
En ek nog 'n kans sal hê
Om dit vir jul te sê

Jul huil my trane saam met my (Trane saam met my)
En my lag is die sonskyn in jul dag

Mamma, pappa
Ek wou sê hoe lief ek vir jul is en hoe ek julle mis
Maar voor ek my kon kry (Voor ek my kon kry)
Was die dag verby

So nou voor ek my oë toemaak
Vra ek dat God oor jul sal waak
En ek nog 'n kans sal hê (Nog 'n kans sal hê)
Om dit vir jul te sê

Ja nou voor ek my oë toemaak
Vra ek dat God oor jul sal waak
En ek nog 'n kans sal hê (Nog 'n kans sal hê)
Om dit vir jul te sê

En ek nog 'n kans sal hê
Om dit vir jul te sê

Curiosités sur la chanson Mamma Pappa de Nianell

Quand la chanson “Mamma Pappa” a-t-elle été lancée par Nianell?
La chanson Mamma Pappa a été lancée en 2010, sur l’album “Sand & Water”.
Qui a composé la chanson “Mamma Pappa” de Nianell?
La chanson “Mamma Pappa” de Nianell a été composée par NEL SONIA ALETTA.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Nianell

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)