Rooiwyn & Candlelight

In daai rooiwyn en candlelight aande is jy hier by my
As die winter al ons sorrows laat vergaan
En daai oomblikke van waarheid hou ek diep in my
Vir as die groot voël my kom wegdra
Ver hier vandaan

Ek laai vir jou die sterre in my knapsak
Ek steel vir jou die maan en bring dit saam
Ons drink saam uit die strome
Van die hoogste, hoogste berge
In ons droomwêreld vol liefde onder hierdie helderste maan

In daai maanskyn en candlelight aande bly ek hier by jou
Aan die einde van die Melkweg ver van pyn
In ons mooiste, mooiste somer bly ons maan blou
Tot die herfs ons spirits weg vat en oor die horison verdwyn

Ek laai vir jou die sterre in my knapsak
Ek steel vir jou die maan en bring dit saam
Ons drink saam uit die strome
Van die hoogste, hoogste berge
In ons droomwêreld vol liefde onder hierdie helderste maan

Ek laai vir jou die sterre in my knapsak
Ek steel vir jou die maan en bring dit saam
Ons drink saam uit die strome
Van die hoogste, hoogste berge
In ons droomwêreld vol liefde onder hierdie helderste maan

In ons droomwêreld vol liefde
Onder hierdie helderste maan
In ons droomwêreld vol liefde
Onder hierdie helderste maan
Tot daai rooiwyn en candlelight aande
Vir altyd vergaan

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Priscilla

Autres artistes de Pop