Harte Van Goud

Die stories van gister wat ek kan onthou
Stories van omgee en liefde en tyd met jou
Dis tye wat ek vashou

Niks is meer werd as die klank van jou lag
Niks kan tog mooier as wanneer jy na my kyk
En sê baby ek’s mal oor jou

Geld kan nooit ons liefde koop nie
Ek sal nooit meer kort nie

Harte van goud
Kannie breek nie ja harte van goud
Kry nie seer nie
Want dit is solid warm liefde giet die perfekte een vir my

Harte van goud
Kannie breek nie ja harte van goud
Sê nie nee nie om ‘n kans te kry om verlief te bly op ‘n kosbare mens soos jy
Harte van goud
Ja harte van goud

Diep in jou oë lê ons drome gestoor
En diep in jou lag lê die klank van geluk en glo
My baby my baby ek glo

Ek sou nooit kon droom dat ‘n engel soos jy
‘n Plekkie sou vind en ‘n hart sal vertrou aan my
Het ek eindelik my liefde gekry?

Geld kan nooit ons liefde koop nie
Ek sal nooit meer kort nie

Harte van goud
Kannie breek nie ja harte van goud
Kry nie seer nie
Want dit is solid warm liefde giet die perfekte een vir my

Harte van goud
Kannie breek nie ja harte van goud
Sê nie nee nie om ‘n kans te kry om verlief te bly op ‘n kosbare mens soos jy
Harte van goud

Saam kan ons aan goue jare bou
Met liefde wat brand en wat gloei want dis saam met jou
Ek sal jou veilig hou

Harte van goud
Kannie breek nie ja harte van goud
Kry nie seer nie
Want dit is solid warm liefde giet die perfekte een vir my

Harte van goud
Kannie breek nie ja harte van goud
Sê nie nee nie om ‘n kans te kry om verlief te bly op ‘n kosbare mens soos jy
Harte van goud
Ja harte van goud
Harte van goud

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Ray Dylan

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)