Kom Ons Staan Saam

Dit het begin by Jan van Riebeek met sy skippie op die see
En in 1652 waar hy die antwoord gee
Hê hê hê hê hier kom ons aan

Dingaan en Shaka Zulu Retief en al die res
Het geveg vir ‘n lewe vooruitgang en sukses
Hê hê hê hê hier kom ons aan

Dit was die slag van Bloedrivier
Dit was erg en dit was hier
Ek was klein en is geleer op TV en papier hê hê hê hê so kom ons aan

En eendag op ‘n reëndag gaan die tronk se deure oop
En die wêreld en ons nasie kry ‘n leier en kry hoop
Hê hê hê hê Madiba kom aan

Uit die blou van onse hemel
Uit die diepte van ons see
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee
Hê hê hê hê kom ons staan saam

Moeg is ons vir struggle
En hard het ons probeer
Om die wapens en die kleure uitmekaar te skeer
Hê hê hê hê kom ons staan saam

Oor ons ver verlate vlaktes met die kreun van ossewas
Reis die stem van ons geliefde van ons land Suid Afrika
Hê hê hê hê hier kom ons aan

Ons sal antwoord op jou roepstem ons sal offer wat jy vra
Ons sal lewe ons sal sterwe ons vir jou Suid Afrika
Hê hê hê hê kom ons staan saam

En ons laaste roep en woorde aan die man wat koers kon hou
Sal die land en my gelieftes
Sy beloftes vas kan hou
Hê hê hê hê kom ons staan
Hier kom ons aan

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Ray Dylan

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)