Helpende Hande

Soos Moses se arms kry ons leiers soms swaar
Soos Aaron en Hur is ons ook daar om die ander te hou
Van die wat veg vir ons saak

Vir die minderbevooreg wat die strate bly vee
Vir kos vir sy kinders kan ons soms tyd gee om die hande te hou
Van die wat ‘n verskil wil maak

Hou die arms hoog en klap die hande saam skree ek het genoeg
Vir wie moet ek staan?
Maak die helpende hande groter as die hande wat vra
As die hande wat vra

Soos die verdediging vou wanneer die arms sak
Is ons net so sterk soos die wil se swak
Om die hande te hou in die hitte van die stryd

En ons elkeen bou voor sy buurman se huis en die koue uithou
Vir die wat nog reis na die beloofte land
Sal ons volk nooit tot ‘n einde kom nie?

Hou die arms hoog en klap die hande saam skree ek het genoeg
Vir wie moet ek staan?
Maak die helpende hande groter as die hande wat vra

Hou die arms hoog en klap die hande saam skree wie sal ons eer
As ons saam bly staan?
Wees die rots wat jy is in ons vuur dat ons mekaar kan dra
Dat ons mekaar kan dra

Staan voor en hou hoog die nood van jou medemense
Doen wat jy kan waar jy is

Hou die arms hoog en klap die hande saam sê ek het genoeg
Vir wie moet ek staan?
Maak die helpende hande groter as die hande wat vra

Hou die arms hoog en klap die hande saam skree wie sal ons eer
As ons saam bly staan?
Wees die rots wat jy is in ons vuur dat ons mekaar kan dra
Dat ons mekaar kan dra

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Riaan Benade

Autres artistes de