Alles Val
As ek geweet het waar ons staan
En alles wat in jou kop aangaan
Sleep jy ook jou verlede saam?
Het jy geleer om dit te laat gaan?
Want daar's vrede in jou oë
'n Diepe vrede kom van bo
Die ruimte voel so eindeloos
Die sterre bly buite my bereik
Tog bly ek soekend na 'n droom
Wat voor my staan om my hart te wen
En daar's vrede binne my
'n Diepe vrede wat sal bly
En ek val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou
Alles val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou
Jy was gewaarsku teen my, so
So onvoorspelbaar jy voel, jy hoort
'n Vryheid wat my hart nie ken
En alles binne my hoor Sy stem
Want daar's rede om te glo
'n Diepe glo in Een daar bo
En ek val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou
Alles val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou
Alles wat ek is, en alles wat ek het behoort nou net aan jou
En al sou die wêreld ons wou wegruk, bly ek lief vir jou
En ek val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou
Alles val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou
Vind ek hier by jou
Alles val saam met jou
'n Onbekende liefde wat ontvou
Alles wat my hart begeer en meer
Vind ek hier by jou