Engelliedjie

Soos wind oor ‘n blaar soos ‘n veërtjie sommer maar
As mense met jou mors as jy vies is of nors is ek daar
Soos die lente elke jaar soos ‘n wit bloeisel blaar
As jy moeg is en verniel is soos ‘n kaggel vir die siel is ek daar

Lewe jou lewe my engeltjie kind
Altyd gerus ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe my engeltjie kind

As die stormwind waai en die blitse begin laai
As die onweer jou tref moet jy besef ek is net om die draai
Wie gaan jou bewaar as jy dink daar’s gevaar?
As jy koud kry of bang is soos die asem teen jou wang is ek daar

Lewe jou lewe my engeltjie kind
Altyd gerus ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe my engeltjie kind

Is dit ‘n ou ou goue blaar waarna jy so sit en staar?
Dis net kinders wat luister as blare begin fluister vir mekaar

Lewe jou lewe my engeltjie kind
Altyd gerus ek is daar in die wind
Jy kan my nie sien nie maar ek dink tog jy ken my
Altyd gerus in die weer en die wind
Lewe jou lewe my engeltjie kind

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Richard

Autres artistes de Sertanejo