O My Taal

'n Honderd duisend Afrikaanse melodië
Teen 'n berg se hang
Ek hoor my ouma saggies sê
Hoe haar hart na daardie land verlang

Toe elke hand wat Hom genade pleid kon uitryk en 'n nuwe lig kon dwaal
En my ouma sug en sê vir my my liefling
O my taal

Sy sê sy mis die dae van Min en Gé
Die heide en die bioskoop
Die tyd toe dit nog veilig was
Om kaalvoet en alleen te loop

Toe sy nog laataand op die draadloos kon luister na haar drome
In 'n verhaal
Sy haal 'n foto van my oupa uit en sê
O my taal

O my taal
O my taal
Ek vertel die ou verhaal
O bring my terug na die ou Transvaal
O my taal

As ons ons kinders nie vertel van hierdie dinge nie
Sal dit als vergaan
Sy sit 'n foto neer waar oupa
Voor oom Paul se beeld op aandag staan

Ek sien die trane oor haar sagte wange rol toe ek die bybel
Van die rak afhaal
Sy vou haar hande op haar skoot en bid o Here
Red my taal

O my taal
O my taal
Ek vertel die ou verhaal
O bring my terug na die ou Transvaal
O my taal
Bring my terug
Na die ou Transvaal
O my taal

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rudi

Autres artistes de Pop rock