Perfekte Wêreld

Desiree Underwood, Marlese Kapp

Ek staan voor 'n keuse
'n Kruispad in my lewe
'n Eindelose vraag
Gaan ek regs of soek ek vrede
Dis als deurmekaar maar ek weet jy's altyd daar
Om my reg te help as ek in donkerte in staar

Sluit die deur oop laat my in
Wys my hoe ek moet begin
Om my lewe terug te kry
Soos jy bedoel het net vir my

Dit is die perfekte wêreld
Dit is die perfekte taak
Gryp elke liewe oomblik dis in jou jy het die mag
Dit is die perfekte wêreld
Dis 'n uitgewerkte saak
Leef soos jy wil maar maak 'n verskil

Die lewe lê voor my
'n Smaak bittersoet
Ek is doelgerig gefokus
Op my toekoms wat my groet
Ons almal het tog drome maar hoe om daar te kom
As jy eendag terug kyk kan jy alles opsom

Sluit die deur oop laat my in
Wys my hoe ek moet begin
Om my lewe terug te kry
Soos jy bedoel het net vir my

Dit is die perfekte wêreld
Dit is die perfekte taak
Gryp elke liewe oomblik dis in jou jy het die mag
Dit is die perfekte wêreld
Dis 'n uitgewerkte saak
Leef soos jy wil maar maak 'n verskil

Die eindpunt is jy het een kans - gryp dit aan
As jy val moet jy weer opstaan - deur wind en reën
Storms breek jou af gooi jou neer - en die son skyn weer
En die son skyn weer

Dit is die perfekte wêreld

Dit is die perfekte wêreld
Dit is die perfekte taak
Gryp elke liewe oomblik dis in jou jy het die mag
Dit is die perfekte wêreld
Dis 'n uitgewerkte saak
Leef soos jy wil maar maak 'n verskil

Dis die perfekte wêreld
Dit is die perfekte taak
Dit is die perfekte wêreld

Curiosités sur la chanson Perfekte Wêreld de Shine 4

Quand la chanson “Perfekte Wêreld” a-t-elle été lancée par Shine 4?
La chanson Perfekte Wêreld a été lancée en 2005, sur l’album “Perfekte Wêreld”.
Qui a composé la chanson “Perfekte Wêreld” de Shine 4?
La chanson “Perfekte Wêreld” de Shine 4 a été composée par Desiree Underwood, Marlese Kapp.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Shine 4

Autres artistes de