Die Mense Wat Ek Lief Het

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

En as daar 'n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
'n Ekstra liefdeslaag om my

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my menskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my menskombersie

Curiosités sur la chanson Die Mense Wat Ek Lief Het de Sonja Herholdt

Quand la chanson “Die Mense Wat Ek Lief Het” a-t-elle été lancée par Sonja Herholdt?
La chanson Die Mense Wat Ek Lief Het a été lancée en 1978, sur l’album “Waterblommetjies”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Sonja Herholdt

Autres artistes de Afrikaans